top of page

WIE IS ONS

Wandel in die Woord is ‘n verlenging van Antipas Gereformeerde Baptiste Gemeente (https://www.antipaspretoria.org.za/) se Vrouebediening en funksioneer onder die toesig van die ouderlinge van Antipas. Doreen Nortier en Saartjie Anderson lei die Vrouebediening. Wandel in die Woord se leiers bestaan uit dames van verskeie gemeentes.

​

Ons is gewone vroue wat daarvan oortuig is dat God sy Woord aan alle mense gegee het en dat hulle in staat is om die Bybel self te kan lees, verstaan en toe te pas.

Forest Trees

HOE HET WANDEL IN DIE WOORD ONTSTAAN?

Die bediening het in 2011 onstaan toe Doreen Nortier en haar familie, na 'n drie-jaar verblyf in Kanada, na Suid Afrika  teruggekeer het. Gedurende die tyd in Kanada het hulle gesin die voorreg gehad om St. John’s Vancouver by te woon, die Anglikaanse kerk wat Dr. J.I. Packer as sy tuiste beskou het. Dit was hier waar Doreen vir die eerste keer aan die in-diepte metode van Bybelstudie blootgestel is. Haar blootstelling aan hierdie manier van Bybelstudie, het haar geïnspireer om dieselfde vir die dames van Antipas Gereformeerde Baptiste gemeente Pretoria te doen.

​

Wat begin het as 'n klein groepie vroue, het intussen gegroei tot meer as 150 dames, wat weekliks – oggende, in persoon en in die aande, aanlyn – bymekaarkom om die Bybel boek vir boek, te bestudeer.

​

Namate hulle die groei en transformasie deur hierdie weeklikse Bybelstudies gesien het, veral in hul vaardighede en selfvertroue om die Bybel te bestudeer, het Doreen en Saartjie begin nadink oor die uitbrei van hierdie bediening om vroue in Pretoria, Gauteng en verder te bereik. In 2016 het hulle die Wandel in die Woord Werkswinkels geloods, met die doel om saam met gemeentes se Vrouebediening te werk en hulle te help om hul leiers en dames op te lei in die vaardighede wat nodig is om die Bybel goed te lees en te bestudeer.

VISIE

Om gelowiges toe te rus om die Bybel self te kan lees, verstaan en toe te pas, ter wille van geestelike groei tot volwassenheid in Christus.

MISSIE

Ons missie is om deur middel van werkswinkels, Bybelstudiegroepe, aanvullende hulpbronne en leierskapopleiding, gelowiges toe te rus om die Bybel self te kan lees en te bestudeer met die doel om die Skrif beter te verstaan en dit in hulle daaglikse lewe toe te pas.

​

Ons is oortuig dat gelowiges deur nederige onderwerping aan die ewige Woord van God (1 Pet. 1:23-25; Heb. 4:12; Rom. 12:2), die Waarheid (Joh. 17:17), verander word. Die Bybel is God se geïnspireerde Woord, en is gesaghebbend, voldoende en nodig vir geestelike groei (2 Tim. 3:16, 17). Deur die werking van die Heilige Gees (Joh. 14:26; 16:13) word gelowiges gelykvormig aan die beeld van Jesus Christus verander (Rom. 8:29) om te wandel soos Hy gewandel het (1 Joh. 2:6), om 'n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl hulle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God (Kol 1:10). So 'n lewe is waardig die evangelie van Christus (Fil. 1:27) en tot lof van Sy heerlikheid (Ef. 1:14).

"Being mature in Christ is being conformed to His image, and therefore it is walking as He walked." 

~Mark Ross

bottom of page