_Logo%2006%201500x1500px.png)
Werkswinkels
Volg die skakels na ons Afrikaanse en Engelse werkswinkels.
​
Kliek hier om na ons opkomende werkswinkel blad te gaan:
Walking in the Word Ladies Conference: Goodwood Baptist Church

WERKSWINKELS
Werkswinkels vir vroue wat smag na 'n dieper begrip van die Bybel.
Kom luister na entoesiastiese sprekers wat jou aan die hand van 'n Bybelboek, die gereedskap sal gee om meer sinvol Bybelstudie te doen. Word weer opgewonde oor wat jy lees in God se Woord. Verstaan wat Hy vir jou sê en gaan lewe vanuit die vaste fondament van Sy Woord.

​Doel van die Werkswinkels
​
Hierdie werkswinkels bied 'n kosbare geleentheid vir alle vroue om te leer hoe om die Bybel beter te bestudeer, tot 'n dieper begrip daarvan te kom, en om "die Woord van waarheid reg te hanteer." Hierdie werkswinkel sal jou stimuleer en uitdaag tot meer intensiewe studie, maar beloof vrugte wat soet en voedend sal wees!
​
Hierdie geleentheid fokus daarop om vroue te lei in deeglike waarneming, getroue interpretasie en praktiese toepassing van Bybelgedeeltes. Of jy nou met kinders, jeug, jong volwassenes, vroue, of gemengde groepe werk, die opleiding het 'n wye toepassing. Die onderrig sal bestaan uit voorlesings en praktiese werk in klein groepe deur hoofstukke uit die Bybel.
​
Of jy deel is van 'n Bybelstudiegroep of net self die Bybel wil bestudeer, hierdie is 'n geleentheid om waardevolle Bybelstudievaardighede aan te leer en toe te pas.
Paulus moedig Timoteus aan in 2 Tim. 2:15: "Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny."
(Afr '53)​​​
